Tuesday, May 29, 2007

Ma & Dokter

Wel, Ma was by die dokter (finally)
en hy sê dat sy is fine en ons hoef oor niks te worry nie.

Die ding is net dat sy nie weer gaan kan bestuur nie.

Hulle kan 'n operasie doen (om oog spiere reg te maak), maar dis nie te sê dat dit sal werk nie en daar is 'n moontlikheid dat dit eintlik haar oë kan erger maak.


Die ander opsie is as hulle vir haar 'n spesiale bril laat maak met 'n prisma in. Natuurlik
sal die bril baie duur wees en dit sal lank en baie probeer-en-tref_erig wees. Aangesien sy in twee rigtings nie lekker kan sien nie.

Hy het aanhoudend gesê dat dit 'n baie ligte beroerte was, en dat sy ongelukkig nie so gou herstel het as wat hy gehoop het nie. Sy mag dalk nie verder herstel as die toestand waarin sy nou is nie, maar ons kan nog altyd help deur om aantehou bid.

Verder gaan dit redelik rustig hier met die exception van die usual... wel julle weet.
Ek try franticly om Bio te leer, maar ek dink julle weet hoe dit gaan op die oomblik. Ek het totally my leerwerk vir Wisk vergeet toe ons toets skryf en het 2/3 van die vreastel nie eers geantwoord nie. Maar dis net 'n klastoets.

So ja, as ek iets vergeet het oor Ma&Dokter sal ek julle later later weet.

LG out

No comments: